Die VF Plus-tak in Warmbad wyk 1/ VF Plus het ‘n formele skrywe gerig aan die hoofbrandweerbeampte (VOLLE NAME ASB.) waarin ‘n reeks katastrofiese tekortkominge uiteengesit is ná ‘n residensiële brand op Saterdag (1 November) in die Bela Bela-plaaslike munisipaliteit (Warmbad, Noodhulp, Rooipoort).
Die brandweerdiens het meer as ‘n uur geneem om by die toneel aan te kom – ‘n reaksietyd wat teenstrydig is met nasionale veiligheidsstandaarde (SANS 10090).
Met hul uiteindelike aankoms is gevind dat die ontplooide voertuig defektief was, met ‘n beskadigde waterpyp en probleme met die pomp wat kritieke minute gemors het.
‘n Tweede brandbestrydingsvoertuig wat ontplooi is, is nie toegelaat om by ’n belangrike eenrigting se “Stop-en-Gaan” toegang te verkry nie omdat dié voertuig se noodligte nie gewerk het nie.
Die voorval was nie net ‘n eenmalige mislukking nie, maar eerder een wat ‘n sistemiese ineenstorting in die brandweerdiens se vermoë om sy statutêre en grondwetlike pligte na te kom om lewe en eiendom te beskerm, openbaar.
Plaaslike boere se vrywilligerspanne het self gespook om die brand te beheer, terwyl die professionele diens nêrens te vinde was nie en foutiewe/ongeskikte toerusting die diens belemmer het.
Hierdie duidelike versuim oortree sleutelwetgewing, insluitend die Rampbestuurswet en die Wet op Brandweerdienste, en ignoreer heeltemal die verpligte kriteria vir toerustinggereedheid en reaksietyd wat in die SANS 10090 nasionale standaard uiteengesit word.
Die VF Plus eis onmiddellike verantwoording en ‘n omvattende korrektiewe aksieplan van die hoofbrandweerbeampte binne sewe werksdae.
Die gemeenskap van Bela-Bela verdien ‘n brandweerdiens wat toegerus, opgelei en gereed is om vinnig te reageer – nie een wat verlam word swak toerusting en onaanvaarbare vertragings nie.
Sonder ‘n bevredigende reaksie op die party se skrywe en ‘n geloofwaardige plan ter remediëring, sal die party genoop wees om die saak na die munisipale bestuurder (VOLLE NAME ASB.), die provinsiale rampbestuursentrum, en moontlike regstappe vir growwe pligsversuim, geneem word.
FF+ Manifesto on Infrastructure development: Investing in infrastructure to improve the economy.

Red Woman
Fun South African Fact: South Africa is known as the “Rainbow Nation” thanks to its mix of cultures across the country. The status of being a cultural “melting pot” is evident in the fact that South Africa has a whopping 11 official languages: English, Afrikaans, isiZulu, isiXhosa, IsiNdebele, Sesotho, Northern Sotho, Setswana, SiSwati, Tshivenda, Xitsonga. Most South Africans speak more than one national language. IsiZulu is the most common first language and isiXhosa is second. Fun fact – did you know the people of Wakanda speak isiXhosa in Marvel’s Black Panther movie?
Wild Kitten
Fun South African Fact: For an unforgettable bucket-list activity, search for the famous Big 5 (lion, leopard, elephant, rhino and buffalo) on safari in one of South Africa’s national parks or private game reserves. A South African safari is an experience like no other!